R4 m. se juwele tydens rooftog gesteel

Lees ook :

R4 m. se juwele tydens rooftog gesteel. Foto's: Arrive Alive

KEMPTONPARK, GAUTENG. – Juweliersware ter waarde van R4 m. is Woensdag tydens ’n gewapende roof by ’n juwelierswinkel in die Festival Mall in Kempton Park gesteel.

Nege gewapende mans het na bewering die winkel se veiligheidsdeure oopgedwing en die vertoonglas van die toonbanke gebreek. Hulle het met ’n groot hoeveelheid juweliersware gevlug.

Volgens sers. Dipuo Ditshego, woordvoerder van Kempton Park-SAPD, is geen skote afgevuur nie en het die mans in ’n onbekende motor weggejaag.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Kempton Park-polisiestasie by 011 396 6811 kontak.

Bronne: Arrive Alive, Truck and Freight, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief