Brekende Nuus
Afrikaans

R50 000-beloning om moordverdagte op te spoor

Die verdagte, wat deur die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid gesoek word, woon glo steeds in Suid-Afrika.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

NOORDWES. – Die polisie het ‘n beloning van R50 000 aangebied vir die suksesvolle inhegtenisneming en vonnisoplegging van Petro Francisco Cossa (42), ‘n Mosambieker, wat glo by die moord van Stephen Moagi (42) betrokke was.

Lt.kol. Amanda Funani sê die oorledene het op 19 April 2017 van sy werk na sy huis tussen Sun City en Thekwane buite Rustenburg gereis. Na bewering het ‘n onbekende voertuig die oorledene genader en is daar lukraak op hom geskiet. Moagi is deur ‘n verbyganger dood in sy voertuig aangetref.

Die verdagte, wat deur die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid gesoek word, woon glo steeds in Suid-Afrika.

Enigiemand met inligting oor waar Cossa hom bevind, kan kapt. Winnie Rekate by 082 416 0838 bel.