R60 000 aangebied nadat mans in lêposisie doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Ses mans is op 17 Augustus 2024 deur verdagtes doodgeskiet nadat hulle beveel is om op die grond te lê. Die polisie het ‘n beloning vir relevante inligting uitgeloof.

Kapt. Ntathu Ndlovu sê Innocent Mazeka (25), Khaliphile Ntombela (37), Yamukela Mzekeli (29), Mlungisi Langa (40), Sinqobile Ngcobo (30) en Dumisani Mgoza (39) het agter die Tehuis-hostel gesit en is deur verdagtes genader wat sigarette vra. Die verdagtes is weer weg, het teruggekeer en die slagoffers beveel om op die grond te lê. Die ses mans is doodgeskiet, waarna die verdagtes te voet van die toneel gevlug het. Drie vroue wat by was, het ongedeerd van die insident gestap.

Geen verdagtes kon tot dusver geïdentifiseer word nie en leidrade was vrugteloos. Speurders het nou ‘n beloning uitgereik vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes sal lei.

Enigiemand met inligting kan speur. sers Jila by 079 696 3685 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief