GAUTENG. – Die polisie in die provinsie het op vervalste en onwettige goedere van meer as R66 m.in Johannesburg beslag gelê.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die goedere is in ‘n multidissiplinêre operasie gekonfiskeer en vier Malawiese burgers is vir oortreding van die immigrasiewet gearresteer. ‘n Deursoeking-en-beslagleggingslasbrief is bekom, waarna ‘n inkopiesentrum en self-bêrestoor op die hoek van Wemmer Jubilee- en Heidelbergstraat op Dinsdag 26 November deursoek is.
Meer as 190 000 items is gekonfiskeer, wat klerasie, skoene, gordels, grimering, sigarette, drank, medikasie en velbleikprodukte, insluit.
Van Wyk benadruk bottels onwettige gif is ook in die fasiliteite tussen verbruikbare items gevind.








