Brekende Nuus
Afrikaans

Radio-omroeper se debuut in tweede druk

Geheime op Philadelphia het drie maande gelede verskyn.

Radio-omroeper se debuut in tweede druk. Foto's: Facebook
Radio-omroeper se debuut in tweede druk. Foto's: Facebook

Riaan Grobler, radio-omroeper by Pretoria FM, se debuutroman, Geheime op Philadelphia, se eerste oplaag is uitverkoop. Hy het aangekondig die roman word tans herdruk.

Geheime op Philadelphia het drie maande gelede verskyn.

“Nooit in my lewe het ek gedink ek sal ’n boek skryf én op die rakke sien én dan so geseën word dat daar ’n tweede druk is nie,” het hy op sy Facebook-blad geskryf. “Julle het my karakters lewe gegee.”

Nuusflits het oor sy boek berig.

Bron: Riaan Grobler Facebook