Radiokommunikasie op aarde na intense sonvlam onderbreek

Lees ook :

'n Sonvlam het Donderdag radio-kommunikasie op die aarde onderbreek. Foto ter illustrasie: Canva

Die ruimteagentskap Nasa het beeldmateriaal vrygestel van een van die sterkste sonvlamme in ses jaar. ’n Vurige flits op die son se oppervlak het veroorsaak dat sekere areas in die aarde se radiokommunikasie laas Donderdag onderbreek is.

Dis vasgevang deur die teleskoop van ’n ruimtetuig wat in 2010 opgestuur is om die sonaktiwiteite op ’n konstante basis te monitor.  

Volgens Nasa het X-klasflitse die hoogste intensiteit met die potensiaal om radiokommunikasie, elektriese netwerke en navigasieseine te beïnvloed. Dit hou ook risiko’s vir ruimetuie en -vaarders in.

Die suidwestelike dele van Suid-Afrika is daardeur geraak. Suid-Amerika en die suide van Noord-Amerika het die grootste impak beleef. Hulle radio-kommunikasienetwerke is vir twee uur onderbreek.

Shawn Dahl van Nasa se ruimte-en-weervoorspellingsentrum het gesê dit was een van die sterkste radiogolf-gebeurtenisse tot dusver was.

Bronne: NASA, The Guardian, ABC News          

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief