JOHANNESBURG. – President Cyril Ramaphosa het gesê die afwesigheid van die VSA-minister, Marco Rubio, by die vergadering van G20-ministers van buitelandse sake is nie ’n krisis nie.
Lees ook: Pres. Cyril Ramaphosa open vandag G20-vergadering vir buitelandse ministers
Hy het gesê die VSA word steeds verteenwoordig en hulle insette sal steeds ingesluit word in die samesprekings, dus is dit nie ’n boikot nie.
Rubio het vroeër die maand aangekondig hy gaan nie die G20-vergadering bywoon nie oor die “anti-Amerikaanse sentiment” in Suid-Afrika. Dit het gevolg na spanning tussen Suid-Afrika en die VSA oor Suid-Afrika se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof en die teken van die onteieningswet.
Ramaphosa het gesê: “Die afwesigheid van sommige leiers is nie die einde van die wêreld nie”. Hy het ook gesê hy is seker die diplomatieke proses “sal enige probleme wat in ons verhouding opgeduik het, oplos”.
Bronne: IOL, EWN, eNCA
Lees ook: Pres. Cyril Ramaphosa open vandag G20-vergadering vir buitelandse ministers