Ramaphosa skors inspekteur-generaal van intelligensie

Lees ook :

Foto: Facebook

GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa het Imtiaz Fazel, die inspekteur-generaal van intelligensie, met onmiddellike effek geskors. ‘n Formele ondersoek is glo geloods in reaksie op ‘n klagte wat deur die JSCI oor sy optrede ontvang is.

Volgens ’n verklaring van die presidensie is die gesamentlike staande komitee oor intelligensie (JSCI) deur middel van die intelligensiedienstewet van die klagte in kennis gestel. Die komitee sal kragtens artikels 7(4) en 7(5) van die wet op intelligensiedienste (Wet 40 van 1994)’n ondersoek instel. President Ramaphosa is deur die JSCI van die klagte in kennis gestel. Die skorsing vind plaas gedurende die tydperk wat die klagte ondersoek word, wat die president wettiglik, volgens artikel 7(5), mag doen.

Fazel is in November 2022 vir ‘n vyfjaartermyn in die pos aangestel. Hy het onder meer verantwoordelikheid gehad vir die toesig oor die intelligensiedienste van Suid-Afrika om te verseker dat hulle binne wetlike en grondwetlike raamwerke funksioneer.

Bron: Presidensie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief