[t4b-ticker]

Ramaphosa tik Malema oor vingers tydens debat in parlement

Lees ook :

Ramaphosa spreek Malema aan tydens opening van parlement debat
Ramaphosa spreek Malema aan tydens opening van parlement debat fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Twee mans vermis in branders by Milnerton

President Cyril Ramaphosa het Julius Malema, die leier van die EFF, oor sy “onsmaaklike kommentaar en gebrek aan respek” aangespreek.

Ramaphosa het gesê hy en Malema moet sit en praat oor politiek, “veral oor apartheid-era politiek, wat ek dink maak jou deurmekaar. Jy lyk of jy in die donker is. Ek gaan dit doen sodat wanneer jy opstaan en ons adresseer, sal dit wees oor iets wat ons ’n rigting gee”.

Hy het ook gesê Malema moet respekvol wees en werk vir die land se ontwikkeling.

Dit volg na Malema Ramaphosa se struggle en ondervinding van vakbonde bevraagteken het. Malema het ook die vorming van die National Union of Mineworkers (NUM) bevraagteken, waarna Ramaphosa gesê het hy moet oor die geskiedenis van mynvakbonde oplees.

Bronne: IOL, Briefly, Mail & Guardian

Lees ook: Twee mans vermis in branders by Milnerton

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief