Brekende Nuus
Afrikaans

Ramaphosa vra vir pandemie-ooreenkoms oor a-pokke

Ramaphosa vra vir pandemie-ooreenkoms oor a-pokke
fotokrediet: Canva
Ramaphosa vra vir pandemie-ooreenkoms oor a-pokke fotokrediet: Canva

Lees ook: Gesondheidsdept. verseker Suid-Afrikaners a-pokke is hier onder beheer

President Cyril Ramaphosa het die internasionale gemeenskap gevra om ’n regverdige pandemie-ooreenkoms aangaande die a-pokke-uitbraak te finaliseer.

Ramaphosa was die naweek by die SADC-saamtrek in Zimbabwe en het daar sy kommer uitgespreek oor die uitbraak van a-pokke.

Meer as 17 000 gevalle van a-pokke en 517 sterfgevalle is reeds vanjaar in 13 Afrika-lande aangemeld. In Suid-Afrika is 24 gevalle aangemeld, van wie drie oorlede is.

President Ramaphosa het gevra ander lande en organisasies met voorraad entstof teen a-pokke moet dit met Suid-Afrika deel en help om ’n ooreenkoms te bereik om die uitbraak te beheer.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, SA News

Lees ook: Gesondheidsdept. verseker Suid-Afrikaners a-pokke is hier onder beheer