NOORDWES. – Die beweerde veediefstalsindikaatbaas wat deur plaaslike boere in die Tosca-omgewing daarvan beskuldig word dat hy ook hulle vee vergiftig het, het vandag in die Ganyesa-landdroshof op ’n onverwante aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging verskyn.
Kenosi is verlede week borg toegestaan op drie ander onverwante sake van poging tot moord. Hy het egter in aanhouding gebly. Sy borgtogaansoek vir die saak van kwaadwillige saakbeskadiging sou vandag aangehoor word.
Volgens Petrus Sitho, teenmisdaad-aktivis, het beide die staat en verdediging nie met hulle verwere klaargekry nie. Die hofsaak gaan dus môre voort. “Hopelik word daar eers volgende week uitspraak gelewer,” sê hy.
Bron: Petrus Sitho, Facebook





