RCL Foods het aangekondig dat sekere bondels droë troeteldierkos wat moontlik met salmonella besmet kan wees, landwyd herroep word.
Die maatskappy sê dit volg nadat troeteldierkos wat vir vernietiging bestem was, glo gesteel en later weer op die mark verkoop is. Verdere ondersoeke het getoon dat sommige van dié produkte ook in die formele handelsketting beland het. Beperkte bondels van handelsmerke soos Bobtail, Bonzo, Catmor, Canine Cuisine, Feline Cuisine, Optimizor en Ultra Pet word geraak. Volgens Paul Cruickshank, RCL Foods se HUB, werk die maatskappy saam met kleinhandelaars en owerhede om alle betrokke produkte uit die mark te verwyder. Verbruikers word aangeraai om geraakte produkte na winkels terug te neem vir ’n terugbetaling of vervanging.
RCL Foods waarsku die publiek om nie troeteldierkos te koop wat uit nie-amptelike kanale verkoop word nie. Die kos wat vir vernietiging bedoel was, is na ’n afvalbestuursfasiliteit in Oos-Gauteng gestuur om vernietig te word, maar nadat dit gesteel is, word dit nou glo in dele van Gauteng, insluitend Germiston, Boksburg, Benoni en Alberton, verkoop.
Druk hier en hier om meer te lees.







