Reddingspogings tydens kitsvloede, twee sterf

Lees ook :

Foto's: CERT

GAUTENG. – Nooddienste moes Vrydag tydens vloede in Centurion bontstaan om verskeie reddingspogings te onderneem. ‘n Afleweringsmotorfietsbestuurder en ‘n insittende van ‘n ligte motor het gesterf.

Die insidente was weens kitsvloede nadat reën dae aaneen in die gebied in en om Centurion geval het.

Volgens CERT (Community Emmergency Response Team) is hulle Vrydagaand omstreeks 21:30 deur ‘n verbyganger ontbied oor ‘n ligte motor met ‘n insittende wat in Rabiestraat naby die Endstraat-kruising op ‘n brug te midde van stygende vloedwaters vasgekeer is. Die insittende kon net betyds gered word voordat die voertuig meegesleur is.

Kort daarna is berig ontvang van twee insittendes wat by die Wesstraat-kruising deur vloedwater in ‘n voertuig vasgekeer is. Beide kon suksesvol na veiligheid gebring word.

Tydens nog twee afsonderlike insidente het persone egter gesterf. In Nellmapiusstraat het ‘n afleweringsbestuurder verdrink toe daar probeer is om ‘n rivier met ‘n motorfiets oor te steek. In die ander insident is twee insittendes in ‘n voertuig meegesleur. Een kon daarin slaag om na veiligheid te swem; die ander een was egter vasgekeer toe die voertuig onder die water in is. Na ‘n soektog is die voertuig en die oorledene opgespoor.

In Lenchenstraat, naby die Centurion-hotel, is nog ‘n insittende uit sy voertuig meegesleur. Die persoon kon aan ‘n lamppaal vashou tot hy gered is.

CERT waarsku die publiek en motoriste om vloedgeteisterde gebiede en die oorsteek van riviere te vermy, want kitsvloede is onvoorspelbaar en uiters gevaarlik.

Reddingspogings is deur ‘n multidissiplinêre span met reddingspersoneel en toerusting onderneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief