Reddingswerk by ineengestorte gebou in George duur voort

Lees ook :

Foto: George Munisipaliteit

WES-KAAP. – Nadat ‘n gebou gistermiddag om 14:09 in Victoriastraat in George in duie gestort het, is daar tot op hede vier persone dood verklaar en 24 persone is uit die puin gered. Nog 51 persone word gesoek.

George-munisipaliteit het die getalle bevestig en sê 75 werkers was op die perseel toe die gebou onder konstruksie ineengestort het. Daar word na nog persone in die puin gesoek. Van die 24 persone wat uit die puin gehaal is, is 10 kritiek beseer, drie kritiek maar stabiel, sewe is gering beseer en vier persone het gesterf.

Drie reddingspanne werk tans in verskillende areas op die perseel. Victoriastraat bly by die Yorkkruising vir voetgangers en voertuie gesluit. Die publiek word versoek om die area te vermy om voorrang aan noodvoertuie te gee.

Indien daar toegang tot die munisipale gebou verkry moet word, kan dit deur Progressstraat gedoen word.

Die munisipaliteit bedank alle vrywilligers wat op die toneel teenwoordig is. Enige items soos kos en water vir nooddienspersoneel kan by die tent in Victoriastr. 79 by Delplan Consulting afgegee word. Maak gebruik van Ivystraat om daar uit te kom. Die tent word deur Herman Pienaar van LoveGeorge en Gift of the Givers beman.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief