Reeksinbreker vir bejaarde vrou van Mosselbaai se moord gevonnis

Die moordenaar van 'n bejaarde vrou van Mosselbaai is gevonnis.

Foto: AfriNuus

MOSSELBAAI, TUINROETE. – Op 3 Junie 2022 is Margaretha Sophia Willemse (79) en Johannes Steyl Willemse (85), wat Alzheimer se siekte gehad het, in Pinnacle Point-gholflandgoed op Mosselbaai deur Seabatha Clement Kholoane (37) in hul huis oorval en die bejaarde vrou vermoor. Margaretha Willemse het aan steekwonde op die toneel gesterf. Vir hierdie misdaad en verskeie ander is Kholoane vir 54 jaar direk tronk toe gestuur, waarvan hy 37 jaar sal uitdien.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, sê Kholoane is ‘n Lesotho-burger wat wonings waar hy gewerk het vir sy misdade geteiken het. Hy is op agt klagtes gevonnis en sal sy tronkstraf daarvoor gelyktydig uitdien, waarvoor hy 37 jaar in die tronk sal deurbring.

Hy het nie net vir moord, inbrake en roof met verswarende omstandighede in die hof verskyn nie, hy was boonop onwettig in die land.

Ntabazalila sê Kholoane het die land tussen 20 Mei en 16 September 2022 met ‘n besoekersvisum binnegekom, maar het gebly nadat dit verval het. Hy het vir I Property (Pty.) Ltd. in die Mosselbaai-area gewerk. Die besigheid het onder meer huise in Pinnacle Pint Golf Estate verhuur en verkoop.

Op 21 Mei was hy af, maar het steeds die landgoed binnegegaan en by Sunsetrylaan 147 ingebreek. Hy het gesteelde items in ‘n voertuig wat op die perseel was, gesit. Hy het die items in Kwanonqaba gaan verkoop en die voertuig verlate gelos. Op 24 Mei is hy in hegtenis geneem en het uitgewys waar hy die items verkoop het. Die items is teruggekry, maar weens uitstaande kwessies is die saak van die rol geskrap.

Op 3 Junie het hy weer die landgoed as ‘n vry man betree, maar hierdie keer met ‘n voetpad teen die kuslyn waar daar nie sekuriteitsomheining was nie. Op hierdie betrokke dag het hy die huis van die Steyl-egpaar deur ‘n skuifdeur binnegegaan. Die vrou het na haar siek man omgesien. Sy het geskree en ‘n mes in die kombuis gaan haal toe sy Kholoane opmerk. Die bejaarde man het hom gekonfronteer en die vrou het op hom geskree. Kholoane het glo benadeel gevoel en kwaad geword, die mes by haar gegryp en haar verskeie kere gesteek. Die bejaarde man wat sy vrou wou help, is ook gesteek. Die vrou is op die toneel dood. Alhoewel Kholoane probeer het om met hul voertuig te vlug, kon hy dit nie aangesit kry nie.

Tussen 6 en 9 Junie het hy weer by Sunsetrylaan 147 ingebreek en op 3 September by Easwoodrylaan 71. Op die oggend van 16 September is hy na ‘n huis in Cullinanstraat 7B, Island View in Mosselbaai, waar hy ingebreek het.

Ntabazalila sê Kholoane het vinger- en palmafdrukke agtergelaat op die misdaadtonele, ook met die moord. Met van die ander misdaadtonele is hy deur DNS verbind.

Met die polisie op sy spoor het hy na Lesotho gevlug, maar is uiteindelik op 7 Desember 2022 op Wepener in die Vrystaat in hegtenis geneem. Hy is vir sy hofsake na Mosselbaai geneem.

Lenro Badenhorst, die senior staatsadvokaat, het gesê nadat Steyl vermoor is, moes haar man na ‘n spesiale versorgingsfasiliteit geneem word.

Adv. Nicolette Bell, die direkteur vir openbare vervolging, het die vonnis verwelkom.

Bron: NVG Wes-Kaap

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]