Reeksverkragter lewenslank en 180 jaar addisioneel gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Mziwoxolo Zozi (44) is in die Mthatha-hooggeregshof vir ‘n reeks geweldsmisdade wat in die loop van ses jaar gepleeg is, gevonnis.

Lt.kol. Siphokazi Mawisansê Zozi het tussen 2016 en 2022 vroue en kinders geteiken, waartydens hy snags met ‘n mes en ‘n vuurwapen gewapen in hulle huise sou inbreek, hulle sou dreig en verkrag. Die slagoffers van 14 tot 46 jaar oud het in gebiede soos Mthatha, Libode, Tsolo, Qumbu en Mount Frere langs die N2-hoofweg gebly. Die verdagte was vir jare onbekend totdat hy met DNS aan 11 sake verbind is. Hy is gedurende November 2022 in Marikane in hegtenis geneem. Hy het vir die eerste keer in Maart 2023 in die Libode-distrikshof verskyn, waar hy borg geweier is.

Op 28 Augustus 2024 is Zozi op 16 aanklagte van verkragting, inbraak en gewapende roof skuldig bevind. Regter Dawood het Zozi gevonnis om die res van sy lewe tronkstraf uit te dien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief