Reeksverkragter skuldig bevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Lwando Sfiso Phike (32) is pas op agt aanklagte van verkragting, vier aanklagte van roof met verswarende omstandighede en een aanklag van poging tot verkragting in die Oos-Londen-hooggeregshof skuldig bevind. Hy het op al die aanklagte skuld beken.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die misdrywe op slagoffers tussen die ouderdom van 14 en 23 jaar het tussen 2017 en 2022 plaasgevind. Phike het kwesbare meisies en vroue in onder meer Duncan Village, Braelyn, Cambridge en die omgewing van Hemingways Mall in Oos-Londen geteiken. Sy modus operandi was om slagoffers met ‘n mes na afgeleë plekke te dwing. Hy het hulle dan seksueel aangerand en van selfone en geld beroof. Verskeie slagoffers het ernstige genitale beserings opgedoen. Dit is deur DNS-bewyse en mediese verslae gestaaf is.

Phike het in sy verklaring erken dat hy, ondanks vorige skuldigbevindings vir verkragting, doelbewus voortgegaan het met om die misdade te pleeg. Hy staar steeds ‘n verkragtingsaak in Butterworth in die gesig. Hy het geen berou getoon nie en het sy misdade oor verskeie jare herhaal, het Tyali gesê.

Die saak is vir vonnisoplegging vanaf 23 tot 26 September uitgestel.

“Die nasionale vervolgingsgesag sal ’n lewenslange vonnis bepleit, met verwysing na die gruwelike en herhalende aard van die oortredings, die ouderdom van die slagoffers en die blywende psigologiese impak.”

Barry Mdolo, die direkteur van openbare vervolgings in die provinsie het die skuldigbevinding verwelkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief