Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën voorspel oor die grootste deel van die land vir vandag. Verskeie waarskuwings is vir vandag uitgereik en sneeu is vir Lesotho voorspel.
Lees ook: Ontvoerde Amerikaanse pastoor gered, verdagtes doodgeskiet
’n Geel vlak 4-waarskuwing is vir KZN vir erge reën met paaie wat moontlik kan oorstroom, uitgereik en ’n geel vlak 2-waarskuwing is geldig vir dele van KZN vir erge reën met huise wat moontlik sal oorstroom.
Mense word herinner om lopende water te vermy. Motoriste word aangeraai om met hulle ligte aan te ry en om laagliggende brûe te vermy.
Bronne: SAWD
Lees ook: Ontvoerde Amerikaanse pastoor gered, verdagtes doodgeskiet