Brekende Nuus
Afrikaans

Reën voorspel, verskeie weerwaarskuwings uitgereik

Reën voorspel, verskeie waarskuwings uitgereik

fotokrediet: SAWD
Reën voorspel, verskeie waarskuwings uitgereik fotokrediet: SAWD

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën oor die grootste deel van die land vir die res van die week voorspel.

Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in

Verskeie weerwaarskuwings is vir vandag uitgereik. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms, reën en moontlike oorstromings geld vir die Noord-Kaap, Noord-Wes, Vrystaat en KZN.

Die Oos-Kaap is met ’n geel vlak 1-kennisgewing teen erge wind gewaarsku.

Motoriste word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering en gemaan om laagliggende brûe te vermy. Mense word herinner om weg te bly van lopende water.

Bronne: SAWD

Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].