Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir vandag oor die grootste deel van die land voorspel. Reën is te wagte vir dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng, Oos-Kaap, KZN, Mpumalanga en Limpopo.
Lees ook: Vlieëniers in Black Hawk-helikopter het moontlik gesukkel met kommunikasie voor ongeluk
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën en moontlike oorstromings is vir Noord-Wes, Gauteng en Limpopo uitgereik.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms geld vir die Vrystaat en ’n geel vlak 1-waarskuwing vir erge wind en deinings vir dele van die Noord-Kaap en Wes-Kaap.
Daar is reën voorspel vir Maandag en Dinsdag ook.
Bronne: Saws
Lees ook: Vlieëniers in Black Hawk-helikopter het moontlik gesukkel met kommunikasie voor ongeluk





