Lees ook: Speler van Oos-Kaap wen R40 000 000 Lotto-boerpot
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën voorspel oor die grootste dele van die land vir vandag. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is uitgereik vir Potchefstroom, Lichtenburg, Ventersdorp, Koster, Zeerust, Pilanesberg, Rustenburg en Hartbeespoort.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms is uitgereik vir Mbazwana, uPhongolo, Utrecht, Ladismith, eNdumeni, Escourt en Royal National Park.
Die weerdiens waarsku mense om die weer dop te hou in hulle omgewing vir enige veranderinge.
Bronne: Saws