Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën voorspel oor die grootste deel van die land vir vandag.
Lees ook: Reën voorspel vir vandag en oor die naweek
Dele van KZN en Mpumalanga is ook met ’n geel vlak 2-kennisgewing teen erge donderstorms met moontlike oorstromings gewaarsku.
Mense word herinner om lopende water en laagliggende brûe te vermy. Motoriste word ook herinner om die weer vir enige veranderinge dop te hou.
Bronne: SAWD





