GAUTENG. – Matome Chiloane, LUR, sal Woensdag ’n regsfirma bekend stel wat aangestel is om die omstandighede rondom die dood van Milton Neo Mokgoatsane, ’n gr. 5-leerling van Laerskool Reagile in Tembisa, te ondersoek. Mokgoatsane het in ‘n fratsongeluk gesterf toe ‘n doelpaal glo tydens pouse op hom geval het.
Steve Mabona, GDO-woordvoerder, sê die ondersoek sal op die afsterwe van Mokgoatsane fokus, wat op 16 Februarie ná ’n voorval by die skool dood is.
Chiloane sal Woendag by die skool in Jabu Mdugestraat wees waar die regsfirma amptelik aan die skool voorgestel gaan word en ook die bepalings, omvang en fokus van die onafhanklike ondersoek bekendgemaak sal word.





