Lees ook: Families van Boeing-ongelukslagoffers ongelukkig met ooreenkoms
VSA. – ‘n Federale regter het die Boeing-saak se skedule verander om die teenstand van die families van slagoffers van Boeing-ongelukke te oorweeg.
Boeing het ingestem om skuldig te pleit op aanklagtes van bedrog om strafregtelike vervolging aangaande twee noodlottige 737 Max-vliegtuigongelukke te vermy. In die ooreenkoms sal Boeing ‘n boete van $243 m. betaal en $455 m. oor drie jaar bestee om veiligheid te verbeter. Daar sal ook ‘n onafhanklike monitor vir die maatskappy wees.
Die families van die slagoffers van die ongelukke is ongelukkig met die ooreenkoms en wil hê Boeing moet verhoor word. ‘n Prokureur vir van die families het gesê as die ooreenkoms aanvaar word en daar is weer ‘n ongeluk, gaan die departement van justisie net hulself hê om te blameer.
Bronne: The Independent, Reuters, BBC
Lees ook: Families van Boeing-ongelukslagoffers ongelukkig met ooreenkoms