VRYSTAAT. – Die regsdienstekommissie het aangekondig dat ’n tribunaal aangestel sal word om ’n klagte wat deur regter Cagney Musi, regterpresident van die Vrystaatse hooggeregshof, teen regter L.J. Lekale ingedien is, te ondersoek.
Volgens ‘n verklaring van die JSC (Judicial Service Commission) is die klag op 31 Januarie 2025 ingedien, nadat regter Lekale oor ’n tydperk van ses jaar weens swak gesondheid versuim het om sy regterlike pligte na te kom. Die klag is ingevolge artikel 14 van die Judicial Service Commission Act van 1994 ingedien. Ná oorweging van die klag is daar op 29 April aanbeveel dat ’n geregtelike gedragskomitee saamgestel moet word om die aangeleentheid te ondersoek. Die kommissie, met uitsondering van lede wat deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies aangewys is, het die aanbeveling aanvaar.






