GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa het op 21 Julie 2025 ‘n regterlike kommissie van ondersoek ingestel na beweerde kriminele gedrag, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel, soos op 6 Julie 2025 openbaar gemaak deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal.
Die kommissie is in terme van artikel 84(2)(f) van die Grondwet ingestel. Dit sal gelei word deur waarnemende adjunk-hoofregter Mbuyiseli Madlanga, met advokate Sesi Baloyi SC en Sandile Khumalo SC as lede.
Volgens die opdrag sal die kommissie ondersoek instel na die moontlike infiltrasie van wetstoepassings-, intelligensie- en verwante instellings deur kriminele sindikate. Dit sluit onder andere ondersoeke in na die polisiediens, insluitend die taakspan vir politieke moorde en misdaadintelligensie), asook metropolisiedienste, die nasionale vervolgingsgesag, staatsveiligheidsagentskap, die regbank en die departement van korrektiewe dienste. Die kommissie sal ook ondersoek doen na die aard, omvang en gevolge van sodanige infiltrasie, insluitend die onderdruk van ondersoeke, korrupsie van leierskap en die viktimisasie van getuies of fluitjieblasers.
Tussentydse en finale verslae moet onderskeidelik binne drie en ses maande aan die president voorgelê word, met aanbevelings vir vervolging, dissiplinêre stappe of institusionele hervorming. Die finale verslag sal ook aan die speaker van die nasionale vergadering en die hoofregter oorhandig word.
Lees die volledige staatskoerant afkondiging hier.






One Response
http://farmaciabesurica.com/# top farmacia online