Rekordgetal verdagtes vas en groot aantal drankpersele gesluit

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LANDSWYD. – Brig. Athlenda Mathe sê as deel van Operasie Shanela is 17 605 verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem en 541 onwettige drankpersele, shebeens en tavernes, oor Paasnaweek gesluit.

Mathe beskryf die aantal arrestasies as die hoogste weeklikse syfer in maande. Van die 541 onwettige drankpersele is 270 in KwaZulu-Natal, 144 in Mpumalanga en 142 in Gauteng toegemaak. ’n Totaal van 1 166 motoriste is vir die bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, waarvan 265 in Mpumalanga die meeste is, gearresteer.

1 209 verdagtes, waarvan 393 in KwaZulu-Natal, is vir die besit van dwelms aangekeer. Nog 249 verdagtes, 61 in die Wes-Kaap, is vir die handel in dwelms gearresteer.

Altesaam 3 662 gesoekte verdagtes is vir ernstige en geweldsmisdade, soos verkragting, moord en poging tot moord, vasgetrek. 215 verdagtes, waarvan 67 van KwaZulu-Natal is vir verkragting gearresteer. Daarbenewens is 145 verdagtes vir moord (30 in Gauteng), 129 verdagtes vir poging tot moord, 1 574 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 110 vir die onwettige besit van vuurwapens (35 in KwaZulu-Natal), gearresteer.

Die polisie het boonop 128 vuurwapens en 4 220 rondtes ammunisie gekonfiskeer, asook 87 gekaapte of gesteelde voertuie teruggevind.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief