Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister die rentekoers met 25 basispunte verlaag na 7%. Dit is die vyfde rentekoersverlaging sedert September.
Nog vyf rentekoersverlagings word oor die volgende drie jaar verwag.
Die inflasiekoers staan op die oomblik op 3%.
Die prima rentekoers van banke sal vanaf vandag 10.5% wees.
Bronne: SARB





