Reserwebank verlaag koers te midde van laer inflasie en wêreld-onsekerheid

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank het vandag die repokoers met 25 basispunte van 7.50% tot 7.25% verlaag. DIt tree van 30 Mei af in werking. Vyf lede van die komitee het die verlaging gesteun, terwyl een lid ’n verlaging van 50 basispunte voorgestaan het. Die meeste ekonome het die verlaging verwag.

Lesetja Kganyago, die Reserwebank-goewerneur, het gesê wêreldgroei sal waarskynlik verswak weens hoër handelstariewe en gepaardgaande groter onsekerheid. Werkloosheid is tans plaaslik hoog en sektore soos mynbou en vervaardiging is onder druk. Die BBP-groeiverwagting vir 2025 is na 1.2% verlaag. Die repokoers is tans gelykstaande aan dié van Januarie 2023.

Lees meer hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief