Riaan Benadé en Melissa se Daniël gebore

Lees ook :

Foto's: Skermgrepe van reel Melissa Benadé

Riaan Benadé, immergewilde sanger en sy vrou Melissa, se babaseun Daniël is Woensdagoggend gebore.

Daniël Oberholzer Benadé het Woensdagoggend om 03:19 die lewenslig aanskou. Die babaseun weeg 3.6 kg en is 53 cm lank.

“Ek’s die Pa van ‘n gesonde, fris jong mannetjie!

“So paar ure vroeër as beplan. Ons harte juig oor jou. Jy is perfek!” het Mamma-Melissa met ‘n aankondiging van sy geboorte en ‘n video gedeel.

Oupa Franna Benadé het sy opwinding oor sy vierde kleinkind gedeel: “Julle! Kyk net hier! Dankie Melis, my dogter vir altesaam ons 4de kleinkind, jy en Riaan Benade seën ons! Daniel…..Oups wag vi jou!😄” en opgevolg met: “Hoor net daar mense, sy mondjie maak al klaar die klankie van ‘n closed hihat, regte musikant!! AAN GOD AL DIE EER!!!”

Die paar het op 29 Januarie Melissa se tweede swangerskap bekendgemaak en gesê dat sy ‘n seun verwag.

Op 7 Julie het hul kleuterdogter Lucca 2 jaar oud geword en Benadé het herinner dat hy met haar eerste verjaarsdag met ‘n ligte beroerte in die hospitaal was.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief