Rietfontein-eiendom ná ontdek van dwelmlaboratorium verbeurd verklaar

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Eiendom in Rietfontein en kontant van R27 800 is aan die staat verbeurd verklaar, nadat ‘n dwelmlaboratorium ter waarde van sowat R100 miljoen in 2024 op die perseel ontdek is.

Lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder, sê die Pretoria-hooggeregshof het op 19 Junie vanjaar ‘n bewaringsbevel aan die staat toegestaan. Die saak spruit uit ‘n polisie-operasie op 27 November 2024 toe ondersoekers, ná weke se waarneming, op die eiendom toegeslaan het. ‘n Mexikaanse burger is tydens die klopjag in hegtenis geneem. Polisielede het beslag gelê op groot hoeveelhede chemikalieë, toerusting wat gebruik is om dwelms te vervaardig en dwelms wat later as metamfetamien (tik) geïdentifiseer is.

Die nasionale vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid sal nou die eiendom verkoop. Die geld uit die verkoop, saam met die R27 800 wat tydens die operasie gekonfiskeer is, sal in die strafregtelike bateherwinningsrekening inbetaal word. Lt.genl. Puleng Dimpane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, sê die bevel bewys dat misdaad nie beloon word nie en dat oortreders nie net hul vryheid nie, maar ook hul onregmatig verkryde bates kan verloor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief