Brekende Nuus
Tuis

Riool stroom erwe in Hullstraat binne

KIMBERLEY – Inwoners van Hullstraat is met afsku vervul oor rioolwater wat in hulle erwe stroom as gevolg van ’n hooflyn wat geblok is.

Gezina Phillipson,’n inwoner van die gebied, sê hulle was met vakansie en het teruggekom en op die gemors afgekom. “Dit is al vir ’n week lank so. Ek het twee klein kindertjies.  Dit lok vlieë en kakkerlakke. Daar word niks aan gedoen nie.”

Nuusflits het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen, maar wag nog vir terugvoering.