Die Afrikaanse sanger Robbie Wessels het vroegoggend sy aanhangers vermaak deur ’n video te plaas van ’n Robski-waterfiets wat hy glo vrystel.
Hy vertel tong in die kies dat die fiets kan opvou, jou laat oefen, ’n visvangavontuur bied en jou sal help om eenvoudig ’n pragtige landskap te ontdek.
“Kry joune nou en laat die avontuur begin!” het hy geskryf. In die video op sy Twitter-blad is hy op ’n fiets wat op jetski’s geplaas is.
Sy plasing op Twitter:
Ontmoet die Robski Waterfiets – hý vou op, laat jou oefen, bied 'n visvang-avontuur, of help jou om eenvoudig 'n pragtige landskap te ontdek. Kry joune nou en laat die avontuur begin! 🚣♂️🎣 #RobskiWaterfiets #AvontuurOpDieWater #OntdekEnOefen pic.twitter.com/4xUpTG0gvG
— Robbie Wessels (@RobbieWessels) March 13, 2024
Bron: Twitter





