Rondebult: Seun in hof as verdagte in moord op ouers en suster

Lees ook :

Seun in hof na beweerde moord op ouers en suster. Foto's: Facebook en Thabiso Goba

GAUTENG. – Eugene Botha (43) het gister in die Germiston-landdroshof verskyn na hy glo sy ouers en suster op Rondebult aan die Oos-Rand vermoor het.

Dit volg na gemeenskapslede Dinsdagmiddag die ontbinde liggame van sy ouers, Johan en Jane Botha, en sy suster, Suné Botha, in ’n verlate bakkie gevind het.

Volgens die polisie het al drie slagoffers verskeie steekwonde opgedoen en hulle liggame is in komberse toegedraai. Die bakkie is nie ver nie van die Botha-gesin se huis af gevind.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi, Gautengse polisiewoordvoerder, is hulle seun, Eugene Botha, Woensdagoggend in hegtenis geneem. Sy saak is na volgende Donderdag uitgestel wanneer hy aansoek om borg sal doen.

Eye Witness News berig die verdagte het gister aan die hof vertel hy is 25 jaar gelede vir bedrog skuldig bevind.

Bronne: EWN, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief