Roofverdagtes dreig glo om minderjarige meisies te ontvoer

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Roofverdagtes het Sondagoggend tydens ‘n huisroof in Amoutana gedreig om twee minderjarige meisies – vier jaar oud en ‘n baba – te ontvoer.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is net na middernag ontvang. Met aankoms by die huis het ‘n slagoffer vertel sy en haar twee kinders was tuis toe ongeveer agt verdagtes toegang tot die huis gekry het. Meeste was met klapmusse vermom. Waardevolle items is geëis.

“As hulle ma versuim het om instruksies na te kom, is daar gedreig om die minderjarige meisies te ontvoer.”

Rusa sê die huis is geplunder, waarna die verdagtes met onder meer ‘n televisie en die kinders se identiteits- en geboortesertifikate in ‘n Toyota Quantum gevlug het.

“Die slagoffers is nie beseer nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief