Roofverdagtes sterf ná misdaad in ongeluk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES en NOORD-KAAP. – Vyf roofverdagtes was Maandag in ‘n ongeluk betrokke nadat hulle glo ‘n sakeroof gepleeg het. Drie het in die ongeluk omgekom, terwyl ‘n vierde gehospitaliseer is en ‘n vyfde ontsnap het. ‘n Verdagte (36) is Woensdag tydens ‘n gesamentlike operasie in die Khuma-woongebied buite Stilfontein gearresteer.

Brig. Sabata Mokgwabone en kol. Cherelle Ehlers, provinsiale woordvoerders, sê verdagtes is in die Noord-Kaap vir drie sakerowe, twee gewapende rowe en die opblaas van ‘n OTM gesoek. Die misdade is tussen Oktober en Desember 2024 op Hartswater, Warrenton en Pampierstad gepleeg.

Maandagoggend het drie van die gesoekte verdagtes onderweg na Khuma, nadat hulle glo pas ‘n sakeroof in Ikageng, Potchefstroom, gepleeg het, op die N12 in ‘n ongeluk gesterf. Een van die oorledenes is voorheen op aanklagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging in Limpopo gearresteer. Nog ‘n insittende van die voertuig is ernstig beseer en is in ‘n hospitaal opgeneem, terwyl ‘n vyfde verdagte van die toneel gevlug het. Goedere wat na bewering pas geroof is, is in die verdagtes se voertuig gekry.

Die verdagte wat Woensdag gearresteer is, het glo ‘n vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, in sy besit gehad. Hy verskyn vandag op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen in die Stilfontein-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief