Brekende Nuus
Nuus

Amerikaanse hof keur skikking oor onkruiddoder goed

Foto: Bayer

VSA. – ’n Hof in Missouri het Vrydag 20 November ’n groepskikking van tot $7,25 miljard goedgekeur vir mense wat beweer dat die onkruiddoder Roundup die kanker veroorsaak het waarmee hulle gediagnoseer is. Dié kanker staan bekend as nie-Hodgkin-limfoom.

Bill Anderson, uitvoerende hoof van Bayer, sê die hof se goedkeuring is ’n belangrike stap in die onderneming se hantering van die Roundup-litigasie. Volgens Bayer sal sy filiaal Monsanto die skikking oor hoogstens 21 jaar finansier. Die totaal sluit betalings in wat reeds gemaak is. Die hofbevel kan geappelleer word, en Bayer sê verdere betalings sal in so ’n geval opgeskort word totdat die appèlproses afgehandel is.

Bronne: Bayer, Associated Press