Brekende Nuus
Nuus

4 mans dood, 5 gewond in skietery by Khayelitsha-taverne

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Vier mans is Saterdagaand omstreeks 23:30 dood en nog vyf mense gewond toe gewapende aanvallers ’n taverne in Hlobestraat in Greenpoint, Khayelitsha, binnegestorm en verskeie skote geskiet het.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die vier mans is op die toneel dood en die gewondes is vir behandeling na ’n mediese fasiliteit geneem. ‘n Voertuig, waarmee die aanvallers gevlug het, is na bewering op die toneel gekaap. Die voertuig is later enkele kilometers van die taverne verlate gevind. Die polisie het bykomende beamptes ontplooi om na die aanvallers te soek. Provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek sake van moord en poging tot moord en volg verskeie leidrade op.

Die motief word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.