LIMPOPO. – Gewapende rowers het Woensdag vier personeellede by Hoërskool Nkatini oorval en vasgebind voordat hulle met 41 tablette van die skool en 15 selfone gevlug het. Twee manlike personeellede het toesig gehou oor leerlinge wat deur die nag studeer het, toe die voorval omstreeks 03:00 plaasgevind het.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die voorval in die Xigalo-woonbuurt plaasgevind. Die verdagtes met vermomde gesigte het glo ‘n vuurwapen, ‘n pik, ‘n mes en ander inbraakkgereedskap by hulle gehad. Hulle het die twee onderwysers vasgebind voordat hulle na ’n ander klaskamer is, waar twee vroulike personeellede geslaap het. Hulle is ook vasgebind. Die verdagtes is daarna na drie klaskamers waar leerlinge besig was om te studeer en het tablette en selfone geëis. Die totale waarde van die gesteelde items is nog nie bepaal nie.
Enigiemand met relevante inligting kan sers. Shadrack Mabunda by 082 729 0229 bel.