Ruan, geen bang Jan

Lees ook :

Om te rekspring (bungee jump), sit nie in enige man se broek nie. Wat nog te sê om van die hoogste brug in Suid-Afrika af te spring.

Maar Ruan Watts (14), ‘n leerder aan die Hoërskool Diamantveld, sal dit enige dag weer doen as hy die kans kry.

Ruan, wat gedurende die Maart-vakansie by die Bloukrans-brug in Tsitsikamma gebungee jump het, erken dat hy wel aan die begin ‘n bietjie skrikkerig was.

Die brug is 216m hoog.

‘Dit het letterlik gevoel of my hart uit my bors uit wil klim en ek kon voel hoe ek die lelikste gesig ooit trek die oomblik toe ek spring!”

Hy vertel dat die lekkerste oomblik is as jy spring, omdat dit vir daardie paar sekondes wat jy val, voel asof jy sweef.

Ruan, wat homself as ‘n avontuurlustige mens beskou, vertel dat hy graag meer sulke goed sal wil doen as hy ouer is.

Kyk die video hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief