Niemand mag nou in ’n huis wat deel is van ’n dispuut bly nie.
So het die hooggeregshof van die Noord-Kaap Woensdag, 4 April, beslis.
Dié beslissing kom na ’n dispuut tussen partye oor die eiendom van MacDougalstraat 2 (Gerrit Schoutenlaan 54). Die huis het voorheen aan die Mitha-gesin behoort. André Jacobus Schreuder en Noeleen Schreuder, het die huis na wat verstaan word, by die Mitha’s gekoop.
Die titelakte dui aan die huis behoort nou aan die Schreuders.
Luidens die hofbevel, moet die Mitha’s ’n wag vanaf 4-9 April vir die eiendom aanstel. Die Mitha’s mag hulle meubels in die motorhuis stoor. Die meubels is op 3 April op die sypaadjie gepak. Indien die meubels nie op 10 April teen 12:00 uit die motorhuis verwyder is nie, mag die Schreuders, volgens die hofbevel, die meubels weer op die sypaadjie uitpak. Slegs daarna mag die Schreuders weer in die huis bly.
Luidens die bevel mag nie een van die partye die polisie betrek om betrokke te raak of mekaar te intimideer nie.