Rubriek deur Bert Mostert: Op watter skip seil jy?

Lees ook :

Die Stille Oseaan strek van ewigheid tot ewigheid, so ver jy kan sien, is dit net diepe blou waters in al vier windrigtings. Op hierdie oseaan is daar twee groot skepe…

Die eerste is ‘n luukse vaartskip vol vakansiegangers. Dit gaan gepaard met sonbrandroom, eksotiese drankies, ontspanning en partytjies!

Die tweede is ‘n oorlogskip (slagskip). Hier word daar nie gespeel nie. Die personeel is hoogs gedissiplineerd en opgelei vir konflik. Alhoewel hulle dieselfde rustigheid as enige ander skip op die see ervaar, is hulle te alle tye reg vir aksie.

Verbeel jou dat op een tragiese dag, ‘n groep seerowers op die luukse vaartskip neersak. Daar sal gesteel en gemoor word, en nie veel weerstand wees nie. En ja, dis nie net in flieks wat dit gebeur nie, dis tot vandag toe nog ‘n realiteit.  

Daai selfde groep skarminkels kan die slagskip aanval, en self geslag word in die proses. Dis so goed jy sit ‘n amateur bokser teen die swaargewig-wêreldkampioen.

‘n Skip is ‘n baie goeie metafoor van die kerk. Is jou gemeente se fokus op vermaak en goedvoel preke, of op intersessie, vrymaking en die verkondiging van die evangelie op die donker plekke van die wêreld?

Is julle kleredrag plakkies, swemklere en hoede, of die wapenrusting van soldate?

Ons is geroep tot vrede met ons medemens, maar daar is nie vrede tussen jou en die vyand wat soos ‘n brullende leeu rondloop nie. Hy en sy magte wil jou besteel, slag en vermoor, of jy nou in hulle glo of nie.

Wil jy ‘n gewone passasier in jou kerk wees wat Sondag na Sondag sit en deur die woord vet gevoer word, of wil jy jou wapens opneem en die gevangenes vrymaak wat deur die vyand verdruk word?

My broer en my suster, ons is almal deel van ‘n koue oorlog, ‘n geheime stryd. En dis nie vir land, geld of olie nie, maar vir iets veel belangriker, die siel van elke lewende mens op aarde, joune inkluis. Op watter boot wil jy wees?

Efesiërs 6:11-12 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die duiwel. Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief