Rugbyspeler (16) se hart tydens wedstryd bygebring

Lees ook :

Foto: Best Care Ambulance Services

GAUTENG. – ‘n Jong rugbyspeler (16) se hart het Dinsdag by die Naka Bulle Rugbyklub in die Moot van Pretoria tydens ‘n wedstryd gaan staan. Sy hartklop is deur suksesvolle KPR teruggekry.

Xander Loubser sê Best Care Emergency Medical Service in Mountain View het op die insident tydens ‘n rugbywedstryd reageer.

“Ons toegewyde span, toegerus met ons unieke gevorderde lewensondersteuning-en-harteenheid, het in ooreenstemming met Advanced Cardiac Life Support (ACLS)-protokolle lewensreddende intervensies toegepas.”

Loubser sê met die vinnige optrede van die gemeenskap en paramedici is die tienerseun se hart weer aan die klop gekry. Hy is deur ‘n Netcare911-lugambulans na ‘n fasiliteit wat toegerus is vir sy kritese sorg, gevlieg.

“Ons wil graag gedurende hierdie uitdagende tyd vir die gesin bid. Die teenwoordigheid van ons twee Best Care-ambulanse en die sterk dinamika in ons span was instrumenteel in die effektiewe bestuur van die noodgeval.”

Loubser herinner die gemeenskap daaraan wat opleiding in KPR van ‘n omstander in tye van nood kan beteken.

Die gemeenskap en die span paramedici wat vinnig reageer het om die seun se lewe te red, is deur Loubser bedank.

Liezl Knott het in kommentaar op Loubser se sosialemediaplasing gesê: “Dit was ‘n traumatiese gebeurtenis vir ons almal wat daar was, veral vir ons o/18-seuns wat daarna nog moes rugby speel. Ek wil net baie, baie dankie sê vir die vrou van die paramediese span wat nie opgehou het met KPR nie, die hele pawiljoen wat nie opgehou het hardop bid nie, Best Care Emergency Medical Services wat nie opgegee het nie en dan natuurlik vir God wat ‘n wonderwerk hier voor ons oë laat gebeur het deur ons gebede te verhoor… weereens dankie. Hierdie seun gaan nog ‘n groot getuienis wees vir God oor hierdie gebeure en wonderwerk in sy lewe.”

Natassja Lessing het die onderste foto gedeel en gesê: “Ons manne op hulle knieë🙏🏻🙏🏻🙏🏻

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief