Brekende Nuus
Nuus

Klant probeer glo bestuurder van bandesentrum omry ná hy glo nie betaal nie

’n Motoris het na bewering probeer om die bestuurder van ’n bandesentrum in Verulam om te ry nadat hy met ’n nuwe band wou wegry sonder om daarvoor te betaal.

rusa
RUSA

KWAZULU-NATAL. – ’n Motoris het Saterdagmiddag (28 November) na bewering probeer om die bestuurder van ’n bandesentrum in Verulam om te ry nadat hy vermoedelik met ’n nuwe band wou wegry sonder om daarvoor te betaal.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die klant het omstreeks 12:45 in ’n roomkleurige Renault Captur by die onderneming opgedaag en ’n nuwe band aangevra.

Nadat die band aangebring is, het die motoris sonder om te betaal na die uitgang van die kompleks gery.

Die bestuurder van die onderneming beweer dat die motoris hom probeer omry het toe hy die voertuig te voet genader het.

’n Lid van Rusa het die voertuig voorgekeer en die klant terug na die bandesentrum vergesel.

Die klant het uiteindelik vir die nuwe band betaal en die saak is tussen die twee partye afgehandel.

Bron: Reaction Unit South Africa (Rusa)