Lees ook: Hoethi-rebelle wil weerwraak neem na VSA-VK-aanval
JEMEN. – Rusland en China het gister die VK en VSA daarvan beskuldig dat hulle onwettige weermagbasisse wat deur die Hoethi’s gebruik word aanval.
Dit was tydens ’n raadsvergadering waarin die VN-afvaardiging vir Jemen gesê het dit neem lank om vrede te herstel in Jemen oor die oorlog in Gaza en die aanvalle in die Rooi See.
Die VSA en VK het met China en Rusland verskil en het gesê die Hoethi-aanvalle is onwettig en hulle neem aksie uit selfverdediging.
Rusland en China het aangevoer die VN-veiligheidsraad het nooit militêre aksie teen Jemen goedgekeur nie.
Hoethi-rebelle het sedert November vragskepe in die Rooi See aangeval. Daarop het die VSA en VK saam met ander lande Jemen aangeval waar die Hoethi’s in basisse skuil.
Bronne: The Associated Press, ABC News, Yahoo News
Lees ook: Hoethi-rebelle wil weerwraak neem na VSA-VK-aanval





