Rusland en Oekraïne het in aparte ooreenkomste met die VSA ingestem tot ’n skietstilstand aangaande die vlote in die Swart See. Die ooreenkoms is om toe te laat dat vragskepe van en na Oekraïne kan reis sonder om deur Rusland aangeval te word.
Lees ook: Rusland en VSA bespreek skietstilstand met Oekraïne
Washington het gesê alle partye werk steeds om “volhoubare vrede” te bereik.
Rusland het gesê hulle sal eers die vlootskietstilstand nakom wanneer sanksies teen hulle kos- en kunsmishandel gelig word. Donald Trump het gesê hulle dink aan die sanksies en “kyk na hulle”.
Bronne: BBC, NBC News, Euronews
Lees ook: Rusland en VSA bespreek skietstilstand met Oekraïne





