Brekende Nuus
Afrikaans

Vier verdagtes in terroriste-aanval in Moskou vas

Vier mans is gister in hegtenis geneem na hulle glo na Oekraïne probeer vlug het.

‘Terroriste’ verantwoordelik vir Moskou-aanval in hegtenis

fotokrediet: Canva
‘Terroriste’ verantwoordelik vir Moskou-aanval in hegtenis fotokrediet: Canva

Lees ook: Dirco bevestig Suid-Afrikaners in Moskou veilig na terroristeaanval

MOSKOU. – Vier mans wat glo verantwoordelik was vir die terroristeaanval in Moskou is in hegtenis geneem. Die vier verdagtes, almal buitelandse burgers, word aangekla van terrorisme en kan tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.

Hulle sal in aanhouding bly tot 22 Mei afhangend van wanneer hulle verhoor begin. Hulle is gister in hegtenis geneem na hulle glo na Oekraïne probeer vlug het. Oekraïne het enige betrokkenheid by die aanval, waarin 182 mense dood is, ontken.

Die Islamitiese Staat-terreurgroep (Isis) het Saterdag gesê hulle was verantwoordelik vir die aanval. Drie van die verdagtes het verantwoordelikheid erken.

Die aanvallers het Vrydag by die Crocus-konsertgebou ingegaan en lukraak begin skiet. Hulle het daarna die gebou aan die brand gesteek en talle konsertgangers daarin vasgekeer.

Altesaam 137 persone het aanvanklik omgekom. Die dodetal staan nou op 182. Altesaam 101 persone is steeds in die hospitaal, 40 in ‘n kritieke toestand. Net 29 oorledenes is sover geïdentifiseer.

Bronne: Algoa FM, IOL, Independent

Lees ook: Dirco bevestig Suid-Afrikaners in Moskou veilig na terroristeaanval