Rusland val Oekraïne aan terwyl Zelenski wag vir Poetin se antwoord oor oproep

Lees ook :

Rusland val Oekraïne aan terwyl Zelenski wag vir Poetin se antwoord oor oproep fotokrediet: X

OEKRAÏNE. – Rusland het oornag ’n aanval met sowat 108 hommeltuie op Oekraïne geloods. Volgens Kijif kon die Oekraïense weermag 55 van die hommeltuie afskiet.

Lees ook: Oekraïne sê Rusland oortree skietstilstand

Dit volg na die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, gesê het hy is bereid om Wladimir Poetin persoonlik te ontmoet vir samesprekings oor ’n skietstilstand. Zelenski het gesê hy wag vir Poetin se antwoord oor ’n oproep om die samespreking te reël.

Die VSA, VK en Europese Unie het die naweek geëis die Kremlin moet ’n onvoorwaardelike 30-dagskietstilstand aanvaar, maar Poetin het die eis verwerp en gesê hy sal Donderdag in Istanboel met Zelenski vergader.

Bronne: LBC, Evening Standard, The Telegraph

Lees ook: Oekraïne sê Rusland oortree skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief