Brekende Nuus
Nuus

Russell Brand 10 jaar+ tronk toe

Foto: Russell Brand

VK. – Die Britse komediant en akteur Russell Brand (51) is Maandag 9 November in die Southwark-kroonhof in Londen tot 10 jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir een aanklag van verkragting en drie aanklagte van seksuele aanranding. ’n Jurie het hom op 5 November ná ’n vier weke lange verhoor skuldig bevind. Die misdrywe teen vier vroue is tussen 2004 en 2009 gepleeg.

Andy Furphy, speursuperintendent van die Londense metropolisie het ná die vonnisoplegging die vroue se moed geprys om die misdrywe aan te meld en deur die verhoor te volhard. Verklarings oor die uitwerking van die misdrywe op al vier vroue is tydens die vonnisverrigtinge in die hof voorgelees. Brand se naam sal lewenslank op die register vir seksuele oortreders bly.

Bronne: Metropolisie, cps.gov.uk, ITV News