Die SANW verwelkom vanaf Dinsdag die Russiese Federasie se lugmag op ‘n welwillendheidsbesoek wat vanaf 29 Oktober tot 2 November strek.
Siphiwe Dlamini, woordvoerder vir die SANW, sê die Russiese afvaardiging sal vanaf Dinsdag by die Waterkloof-lugmagbasis aankom.
“Hierdie vriendskaplike besoek het ten doel om die diplomatieke bande tussen die twee lande se militêre organisasies te herbevestig wat volg op die sterk historiese band wat tussen beide lande bestaan wat so ver terug as 28 Februarie 1992 dateer, waarna die ministeries van verdediging ‘n ooreenkoms op 14 Junie 1995 onderteken het.”
Die SANW sal kennis van en blootstelling hê aan die Russiese Federasie se lugbates, waarvan sommige vir die eerste keer op die Afrika-kontinent sal land.
Lees die volledige verklaring hier onder:






